2 Corinthians 8:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hierin gee ek my raad: want dit is nuttig vir julle wat al voorheen begin het om nie alleen te doen nie, maar ook 'n jaar gelede vooruit te wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou gee ek raad oor hierdie saak. Want dit is voordelig vir julle — julle wat nie net die eerste was om iets te doen nie, maar ook heel eerste gewíllig was om iets te doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek gee in hierdie saak my oordeel, want dit is voordelig vir julle, omdat julle alreeds 'n jaar gelede begin het, nie alleen om te doen nie, maar ook om te wil. |
| Afrikaans 1983 | Nou wil ek julle net raad gee om julle te help. Julle was verlede jaar nie alleen die eerste wat iets gedoen het nie, julle was ook die eerste wat gewillig was om iets te doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En ek gee my mening hieroor, want dit strek tot julle voordeel – julle wat reeds 'n jaar gelede begin het om dit nie net te doen nie, maar dit ook te wil doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wil vir julle sê wat julle moet doen wanneer julle moet besluit wat julle nóg wil doen om die gelowiges in Judea te help. Want julle het al klaar verlede jaar besluit om geld bymekaar te maak, en toe het julle dit begin doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek wil julle gou ’n stukkie goeie raad gee. Onthou julle hoe julle ’n jaar gelede besluit het om by die geldinsameling vir Jerusalem betrokke te raak? Ek onthou nog baie goed hoe ywerig julle toe begin geld insamel het. |