2 Corinthians 7:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou is ek bly, nie omdat julle bedroef geword het nie, maar dat julle bedroef was tot bekering; want julle is bedroef op 'n goddelike wyse, sodat julle deur ons niks skade kan berokken nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Nou is ek bly — nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie,
Afrikaans 1933/1953 Nou is ek bly, nie omdat julle bedroef was nie, maar omdat julle bedroef was tot bekering, want julle was bedroef volgens die wil van God, sodat julle deur ons in niks skade gely het nie.
Afrikaans 1983 Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) is ek nou bly; nie omdat julle bedroef gemaak is nie, maar omdat julle droefheid tot berou gelei het. Julle is volgens die wil van God bedroef gemaak, met die gevolg dat julle in geen opsig deur ons benadeel is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar nou is ek bly, nie omdat julle hartseer was nie, maar omdat julle so hartseer was dat julle verander het en begin lewe het soos God wil hê. Want julle was hartseer soos God wil hê. Dit wys dat ons glad nie verkeerde dinge aan julle gedoen het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle het met al julle hartseer reguit na Hom toe gegaan. Julle het glad nie enige skade as gevolg van my brief gely nie; inteendeel. Daaroor is ek regtig baie bly.