2 Corinthians 7:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want al het ek julle met 'n brief bedroef gemaak, het ek nie berou nie, al het ek berou gehad; want ek sien dat dieselfde brief julle bedroef gemaak het, al was dit maar vir 'n tyd.
Afrikaans (NLV) 2011 As ek julle deur my brief hartseer gemaak het, het ek nie nou berou daaroor nie. As ek tog berou gehad het, was dit net vir ’n kort rukkie toe ek sien dat daardie brief julle hartseer gemaak het.
Afrikaans 1933/1953 Want, al het ek julle ook deur die brief bedroef gemaak, is ek nie jammer nie, al was ek ook jammer. Want ek sien dat daardie brief, al was dit vir 'n kort tydjie, julle bedroef gemaak het.
Afrikaans 1983 Al het ek julle ook deur my brief hartseer gemaak, is ek nou nie daaroor jammer nie. Miskien was ek tog jammer toe ek sien dat daardie brief julle hartseer gemaak het, al was dit net vir 'n kort rukkie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want al het ek julle met die brief bedroef gemaak, is ek nie spyt nie. En al was ek ook spyt – want ek sien dat daardie brief julle bedroef gemaak het, al was dit ook net vir 'n rukkie –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Miskien het ek julle hartseer gemaak in my brief, maar ek is nie jammer daaroor nie. Nee, ek wás jammer, want ek sien dat daardie brief julle vir 'n kort tydjie hartseer gemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek weet dat ek julle baie omgekrap het in my vorige brief. Vroeër was ek baie spyt daaroor, nou nie meer nie. Dit het op die ou end goed uitgewerk. My brief het julle wel ’n kort rukkie ontstel, maar op die regte manier. Wat ek bedoel, is dat daardie brief julle teruggebring het na God toe.