2 Corinthians 7:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want toe ons in Macedónië ingekom het, het ons vlees geen rus gehad nie, maar ons was van alle kante ontsteld; buite was gevegte, binne was vrese. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite — aanvalle; van binne — vrese. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ook toe ons in Macedonië gekom het, het ons vlees geen rus gehad nie, maar ons is op allerhande maniere verdruk; van buite was daar aanvegtinge, van binne verskrikkinge. |
| Afrikaans 1983 | Toe ons in Masedonië gekom het, het ons geen rus of duurte gehad nie. Van alle kante was daar druk op ons: van buite onenigheid, van binne sorge. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want selfs nadat ons in Macedonië gekom het, het ons liggaamlik geen rus gehad nie, en het ons van alle kante verdrukking ervaar – van buite aanslae, en van binne angs. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want toe ons in die provinsie Masedonië gekom het, het ons nooit tyd gehad om te rus nie. Mense het ons laat swaarkry op baie maniere. Hulle het met ons baklei, en ons was bang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle onthou mos dat ek vroeër in die brief vir julle vertel het hoe ek van Troas af na Masedonië gegaan het, want ek het gehoop om Titus daar raak te loop. Toe ek daar aankom, het ’n klomp probleme op my gewag. Van buite het geweld my in die gesig gestaar en van binne het vrees my oorval. Maar toe gebeur daar ’n wonderwerk. |