2 Corinthians 7:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Groot is my vrymoedigheid van spraak teenoor jou, groot is my roem oor jou: ek is vervul met vertroosting, ek is baie bly in al ons verdrukking.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. En ek is regtig vol moed en oorstelp van blydskap ten spyte van ons swaarkry.
Afrikaans 1933/1953 Ek het groot vrymoedigheid teenoor julle; my roem oor julle is groot; ek is vervul met troos; ek loop oor van blydskap in al ons verdrukking.
Afrikaans 1983 Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. In al ons sorge is ek vol moed en oorstelp van blydskap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het groot vrymoedigheid teenoor julle, en is baie trots op julle. Ek is nou vol moed, en loop oor van blydskap te midde van al ons verdrukking.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is baie eerlik met julle, en ek is baie trots op julle. Julle bemoedig my ook baie. Elke maal wanneer ons swaarkry, dan is ek baie bly daaroor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom het ek die vrymoedigheid om so reguit met julle te praat. Julle kan my maar glo as ek sê ek is regtig trots op julle. Tussen al my swaarkry deur bring julle baie vreugde in my lewe.