2 Corinthians 7:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek spreek dit nie om julle te veroordeel nie, want ek het al voorheen gesê dat julle in ons harte is om te sterf en saam met julle te lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sê dit nie om iemand te veroordeel nie; ek het alreeds gesê dat julle ’n plek in ons harte het, maak nie saak of ons saamsterf of saamlewe nie.
Afrikaans 1933/1953 Ek sê dit nie om te veroordeel nie, want ek het vantevore gesê dat julle in ons harte is om saam te sterwe en saam te lewe.
Afrikaans 1983 Ek sê dit nie om julle te beskuldig nie; ek het tog al vantevore gesê dat julle in ons harte is om mee saam te lewe en te sterwe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sê dit nie om julle te veroordeel nie – ek het vantevore al gesê dat julle in ons harte is om saam te sterf en saam te leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sê hierdie dinge nie om julle te beskuldig nie. Ek het voorheen vir julle gesê dat julle baie kosbaar is vir ons. Ons sal julle nooit vergeet nie, dit maak nie saak wat gebeur nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek beskuldig julle ook nie daarvan dat julle sulke dinge gedoen het nie. Glad nie. Ek het mos vroeër al gesê dat julle heeltyd in my hart en in my gedagtes is. Kyk, of ek lewe en of ek doodgaan, julle sal altyd belangrik vir my bly.