2 Corinthians 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ontvang ons; ons het niemand kwaad aangedoen nie, ons het niemand verderf nie, ons het niemand bedrieg nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Skep vir ons ruimte by julle. Ons het niemand verontreg nie; ons het niemand se ondergang veroorsaak nie; ons het niemand uitgebuit nie.
Afrikaans 1933/1953 Maak vir ons ruimte in julle harte. Ons het niemand onreg aangedoen nie, ons het niemand benadeel nie, ons het op niemand voordeel behaal nie.
Afrikaans 1983 Maak vir ons plek in julle harte. Ons het niemand onreg aangedoen nie, ons het niemand benadeel nie, ons het niemand uitgebuit nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maak vir ons ruimte. Ons het niemand veronreg nie; ons het niemand skade berokken nie; ons het niemand uitgebuit nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet julle harte oopmaak vir ons. Ons het aan niemand van julle verkeerde dinge gedoen nie, ons het niemand iets verkeerd laat doen nie, ons het niemand bedrieg nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle kan my maar glo as ek sê dat ek nog nooit lelik teenoor iemand opgetree het nie. Ek het niemand uitgebuit of misbruik nie.