2 Corinthians 7:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy innerlike geneentheid is oorvloediger teenoor julle, terwyl Hy die gehoorsaamheid van julle almal onthou, hoe julle Hom met vrees en bewing aangeneem het.
Afrikaans (NLV) 2011 En sy toegeneentheid teenoor julle word al hoe groter namate hy julle almal se gehoorsaamheid onthou en hoe julle hom met eerbied en ontsag ontvang het.
Afrikaans 1933/1953 En sy hart is julle veral toegeneë as hy hom die gehoorsaamheid van julle almal herinner, hoe julle hom met vrees en bewing ontvang het.
Afrikaans 1983 En sy toegeneentheid teenoor julle word al sterker as hy daaraan dink hoe julle almal gehoorsaam was en hoe julle hom met eerbied en ontsag ontvang het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En sy toegeneentheid teenoor julle word al sterker, namate hy hom herinner aan julle almal se gehoorsaamheid, en hoe julle hom met vrees en bewing ontvang het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Titus onthou dat julle almal geluister het na hom en dat julle hom waarlik baie gerespekteer het toe hy by julle gekom het. Daarom is hy nou nog meer lief vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy liefde vir julle word by die dag groter. Julle toewyding het hom regtig baie beïndruk, so ook die respek en ontsag waarmee julle hom ontvang het.