2 Corinthians 7:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want as ek enigiets vir hom oor julle geroem het, skaam ek my nie; maar soos ons alles in waarheid tot julle gespreek het, so word ons grootpratery wat ek voor Titus gemaak het, waarheid gevind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ek by hom oor julle gespog het, was ek nie beskaam nie. Net soos ons altyd die waarheid met julle gepraat het, só het dit nou geblyk dat ons die waarheid gepraat het toe ons by Titus oor julle gespog het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as ek iets by hom oor julle geroem het, is ek nie beskaam nie; maar soos ons alles met waarheid tot julle gespreek het, so het ook ons roem by Titus waarheid geword. |
| Afrikaans 1983 | Ek het by hom 'n bietjie met julle gespog, en julle het my nie teleurgestel nie. Soos ons altyd die waarheid met julle gepraat het, so blyk dit nou dat dit ook die waarheid was toe ons by Titus met julle gespog het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As ek enigsins oor julle by hom gespog het, staan ek nie beskaamd nie; maar soos alles wat ons julle vertel het, waar is, so het ons gespog by Titus ook waar geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het 'n bietjie gespog by Titus oor julle. En ek is nie jammer daaroor nie. Alles wat ons vir julle gesê het oor Titus, was die waarheid, en so het ons ook die waarheid gepraat toe ons by Titus gespog het oor julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vroeër, voordat Titus na julle is, het ek so ’n bietjie oor julle by hom gespog. Gelukkig het julle my toe nie teleurgestel nie. Titus het self gesien dat alles wat ek oor julle vertel het, die reine waarheid is. Nou praat hy net die hele tyd oor julle. |