2 Corinthians 7:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom is ons vertroos in julle vertroosting, ja, en des te meer was ons verheug oor die blydskap van Titus, omdat sy gees deur julle almal verkwik is.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom is ons nou bemoedig. En by die bemoediging is ons ook uitermate opgewonde dat Titus só bly is omdat julle almal hom gemoedsrus gegee het.
Afrikaans 1933/1953 Daarom is ons getroos oor julle vertroosting en het veral bly geword oor die blydskap van Titus, omdat sy gees deur julle almal verkwik is.
Afrikaans 1983 Juis daarom is ons nou so bly. Ons is nie net bemoedig nie, maar ook besonder bly dat Titus so gelukkig is: julle almal het hom gemoedsrus gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom is ons bemoedig. En benewens ons bemoediging, het ons ons nog meer verbly oor Titus se blydskap, omdat hy gemoedsrus by julle almal gevind het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom is ek bly. Ons is bly, maar nie net oor onsself nie. Ons is nog meer bly omdat Titus so bly is. Want julle almal het gehelp dat hy meer tevrede geword het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek kan nie genoeg sê hoe dankbaar ek oor julle reaksie is nie. Maar toe ek sien hoe opgewonde Titus oor julle is, was ek eers bly. Hy het met groot vrede in sy hart van julle af teruggekeer.