2 Corinthians 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, alhoewel ek aan julle geskryf het, het ek dit nie gedoen vir sy saak wat verkeerd gedoen het, of vir sy saak wat verkeerd gely het nie, maar sodat ons sorg vir julle in die oë van God aan julle sou verskyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom, al het ek aan julle geskryf, was dit nie soseer omdat iemand verkeerd gedoen het of omdat iemand verontreg is nie, maar veral sodat julle voor God kon bewys hoeveel ywer julle vir ons het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al het ek ook aan julle geskrywe, dan was dit nie ter wille van hom wat onreg gedoen het nie, of ter wille van hom wat onreg gely het nie, maar dat ons ywer vir julle aan julle duidelik kan word voor God. |
| Afrikaans 1983 | Dus, al het ek so aan julle geskrywe, was dit nie omdat iemand onreg gepleeg of onreg gely het nie. Inteendeel, ek wou hê dat julle voor God tot die besef moes kom van hoeveel julle vir ons omgee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al het ek aan julle geskryf, was dit nie ter wille van die een wat onreg gepleeg het nie, en ook nie ter wille van die verontregte nie, maar ter wille daarvan dat julle toewyding vir ons duidelik aan julle bekend kan word voor God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit alles wys vir julle hoekom ek hierdie brief geskryf het. Dit was nie oor die man wat verkeerd gedoen het nie en ook nie oor my, die man aan wie hy verkeerd gedoen het nie. Nee, dit was sodat julle kon sien hoe belangrik dit is dat alles weer reg moet wees tussen julle en ons, en dat God dit ook weet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is hoekom ek aan julle geskryf het. Ek was nie te veel bekommerd oor daardie man wat my so sleg behandel het of oor my eie eer nie. Nee, my doel was om julle die geleentheid te bied om voor God te wys hoeveel julle regtig vir my omgee. Ek is so bly dat dit toe ook gebeur het. |