2 Corinthians 7:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Met hierdie beloftes, geliefdes, laat ons onsself reinig van alle besoedeling van die vlees en die gees, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.
Afrikaans (NLV) 2011 Geliefdes, ons hét hierdie beloftes; laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak.
Afrikaans 1933/1953 Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.
Afrikaans 1983 Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aangesien ons hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons reinig van alle besoedeling van liggaam en gees, terwyl ons met diep ontsag vir God ons heiligheid verwesenlik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Liewe vriende, God het hierdie dinge ook vir ons belowe. Daarom moet ons nie sonde doen wat ons liggaam en gees vuil kan maak nie. Ons moet probeer om heeltemal te lewe soos God wil hê omdat ons Hom respekteer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My liewe broers en susters, al hierdie beloftes is vir ons bedoel. Daarom moet ons nou dadelik elke verkeerde ding laat staan waarmee ons besig is. Ons moet alle onreinheid uit ons gedagtes verban. Eerbied vir God moet ons hele lewe vul. Ons moet met alles in ons daarna streef om volmaak te wees in ons toewyding aan God. Ons moet net doen wat Hy van ons vra.