2 Corinthians 6:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As onbekend, en tog welbekend; as sterwendes, en kyk, ons lewe; as getugtig en nie gedood nie;
Afrikaans (NLV) 2011 soos onbekendes, en tog is ons goed bekend; soos mense wat sterwend is, en kyk, ons lewe; as gegéseldes, en tog is ons nie doodgemaak nie;
Afrikaans 1933/1953 as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie;
Afrikaans 1983 as onbekendes, en tog is ons goed bekend; as sterwendes en, soos julle sien, ons lewe; as gestraf, maar ons is nie doodgemaak nie;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) as onbekendes, en tog goed bekend, as sterwendes – maar kyk, ons leef; as gekastydes, wat tog nie doodgemaak word nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party mense wil nie glo dat ons apostels is nie, maar party mense glo dat ons apostels is. Mense doen baie slegte dinge aan ons, ons sterf amper, maar ons lewe nog. Mense hou aan om ons te straf, maar hulle kan ons nie doodmaak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Baie mense maak asof hulle ons glad nie ken nie. Maar gelukkig ken God ons. Mense het ons al ’n hele paar keer vir dood afgeskryf. Maar kyk: ons lewe nog. Ons is aangerand en geslaan. Tog is ons nog hier.