2 Corinthians 6:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur eer en oneer, deur slegte gerug en goeie gerug: soos bedrieërs en tog waaragtig;
Afrikaans (NLV) 2011 in eer en oneer, in veragting en aanprysing; soos verleiers, en tog is ons opreg;
Afrikaans 1933/1953 deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;
Afrikaans 1983 Ons ontvang eer en oneer, ons word beledig en geprys. Ons word behandel as verleiers, en tog is ons betroubaar;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) te midde van eer en oneer, te midde van laster en lof, as misleiers, wat tog opreg is;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons hou aan om die werk te doen wanneer mense goeie dinge oor ons sê en wanneer mense slegte dinge oor ons sê, ons hou aan wanneer hulle dink ons is nie belangrik nie en wanneer hulle dink ons is baie belangrik. Mense sê ons vertel leuens, maar ons praat die waarheid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons weet hoe dit voel om deur ander geëer én beledig te word. Ons naam is al dikwels deur die modder gesleep. Ander kere weer is ons geprys en oorlaai met eer. Ons is ook al dikwels beskuldig dat ons leuens vertel. Tog praat ons net die waarheid.