2 Corinthians 6:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur die woord van die waarheid, deur die krag van God, deur die wapenrusting van geregtigheid, regs en links,
Afrikaans (NLV) 2011 deur die boodskap van die waarheid en in die krag van God. Ons tree op met die wapens van geregtigheid in ons regter- en linkerhand,
Afrikaans 1933/1953 in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter-- en linkerhand;
Afrikaans 1983 deur die woord van die waarheid en deur die krag van God. Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) met die woord van die waarheid, met die krag van God, met die wapens van •geregtigheid vir die regterhand en die linkerhand;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons hou aan om die werk te doen terwyl ons die waarheid praat oor Jesus, en terwyl God ons help met sy krag. Ons doen wat God wil hê, dit is die wapens waarmee ons veg. Ons gebruik hierdie wapens wanneer ons aanval en wanneer ons verdedig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons praat altyd die waarheid. Boonop tree ons op in die groot krag wat van God af kom. Ons is tot die tande toe bewapen vir ons taak. En ons wapens? Ja, natuurlik: die goeie nuus dat God sondaars vryspreek wat ons in staat stel om reg te leef. Met hierdie wapens in ons hande durf ons die wêreld aan.