2 Corinthians 6:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ons moet ons in alles goedkeur as dienaars van God, in baie geduld, in verdrukkinge, in noodsaaklikhede, in benoudhede,
Afrikaans (NLV) 2011 In elke opsig laat ons ons ken as diensknegte van God deur aanhoudend te volhard: in swaarkry, in nood, in benoudheid.
Afrikaans 1933/1953 maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede;
Afrikaans 1983 maar in alles laat ons ons ken as dienaars van God. Dit doen ons met baie geduld in verdrukking, ontbering en nood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar in alles beveel ons onsself aan as dienaars van God, met groot uithouvermoë: in verdrukkings, in ontberings, in benoudhede;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle kan glo dat ons altyd dienaars van God is. Ons hou aan om vir God te werk wanneer ons swaarkry, wanneer ons bang is, wanneer ons probleme het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons getuigskrif is dat ons in alle omstandighede op ons pos bly as God se diensknegte. Kyk net watter moeilike omstandighede moes ons al ter wille van ons geloof verduur: