2 Corinthians 6:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter gemeenskap het geregtigheid met ongeregtigheid? en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie saamspan met ongelowiges nie, want watter vennootskap kan daar wees tussen reg en onreg? Of watter gemeenskap kan daar wees tussen lig en duisternis?
Afrikaans 1933/1953 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
Afrikaans 1983 Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter vennootskap kan daar wees tussen reg en onreg? Of watter verbondenheid kan daar wees tussen lig en duisternis?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie vriende maak met ongelowiges nie. Want mense wat doen wat God wil hê en mense wat God se wette breek, mag nie vriende wees nie. Lig en donker kan nie maats wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie saam met die ongelowiges agter al wat sonde is, aanloop nie. Dan is julle kort voor lank saam met hulle slawe daarvan. Dink ’n bietjie, watter ooreenkoms is daar tussen reg en verkeerd? Of tussen lig en donker? Hulle lyk dan nie eens dieselfde nie.