2 Corinthians 6:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar nou as vergelding in dieselfde, (ek spreek soos met my kinders), word julle ook verruim.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek praat soos met kinders: Wil julle nie nou ook vir ons “terugbetaal” deur julle harte vir ons wyd oop te maak nie?
Afrikaans 1933/1953 Maar by wyse van vergoeding -- ek praat soos met kinders -- moet julle ook verruim word.
Afrikaans 1983 Ek praat met julle as my kinders. Doen aan ons wat ons aan julle gedoen het: maak julle harte ook wyd oop!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar doen dít as teenprestasie – ek praat soos met kinders: Stel julleself ook wyd oop vir ons.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek praat met julle soos 'n pa met sy kinders praat: Julle moet julle harte wyd oopmaak vir ons, ons harte was oop vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil julle daarom baie mooi vra, julle wat my eie kinders is: gee asseblief weer vir my ’n plek in julle lewe.