2 Corinthians 6:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons smeek julle dan, as medewerkers saam met Hom, dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As julle medewerkers smeek ons julle om toe te sien dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie.
Afrikaans 1933/1953 En as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.
Afrikaans 1983 As medewerkers van God doen ons 'n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As medewerkers van God doen ons 'n ernstige beroep op julle om nie die genade van God tevergeefs te ontvang nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, Paulus, en die ander mense wat saam met my werk, werk saam met God. Daarom vra ons mooi vir julle: Onthou dat God genadig is vir julle, moenie dink dat dit nie belangrik is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As God se medewerker en verteenwoordiger hier op aarde wil ek nou ’n ernstige versoek tot julle rig: moet asseblief nie die genade wat God aan julle bewys, ignoreer nie.