2 Corinthians 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom is ons altyd vol vertroue, omdat ons weet dat, terwyl ons in die liggaam tuis is, ons van die Here afwesig is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons is dus altyd vol moed omdat ons weet dat alhoewel ons nog in die liggaam woon, ons eintlike woning by die Here is;
Afrikaans 1933/1953 Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon.
Afrikaans 1983 Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom is ons altyd vol moed, al weet ons dat, terwyl ons nog in die aardse liggaam woon, ons nie by die Here woon nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar ons glo en vertrou altyd. Ons weet dat ons nog nie by die Here woon terwyl ons in ons liggame woon nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons raak glad nie moedeloos nie. Ons weet dat terwyl ons nog in hierdie aardse liggaam leef, ons nog nie by die Here is nie.