2 Corinthians 5:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak; sodat ons die geregtigheid van God in Hom gemaak kan word.
Afrikaans (NLV) 2011 God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons hegte verhouding met Christus, deur God vrygespreek kan word.
Afrikaans 1933/1953 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
Afrikaans 1983 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat nie sonde geken het nie, Hom het God ter wille van ons tot sonde gemaak, sodat ons in Hom voor God geregverdig kon word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Christus het self nie sonde gedoen nie. Maar God het vir Christus laat voel hoe dit is om swaar te kry oor die sonde wat mense doen. God het dit vir ons gedoen. Want God het ons nou vrygespreek van ons sonde omdat ons aan Christus behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Christus het nooit enige sondes gedoen nie. Maar God het Hom aan die kruis in ons plek in sonde verander. Hy het al ons sondes daar op Christus afgelaai sodat ons wat in Hom glo se verhouding met God nou herstel is.