2 Corinthians 5:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dat Hy vir almal gesterf het, sodat die wat lewe, nie meer vir hulleself sou lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgestaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy hét vir almal gesterf sodat dié wat lewe, nie meer vir hulself moet leef nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is. |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is. |
| Afrikaans 1983 | En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en Hy het ter wille van almal gesterf, sodat dié wat leef, nie meer vir hulleself sal leef nie, maar vir Hom wat ter wille van hulle gesterf het en opgewek is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, Christus het vir almal gesterf. Daarom moet die mense wat nou 'n nuwe lewe het, nie meer lewe vir hulleself nie. Nee, hulle moet lewe vir Christus, want Christus het vir hulle gesterf, en God het Hom weer laat lewe. Christus het dit gedoen vir die mense wat nou 'n nuwe lewe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons behoort nou net aan Christus. Daarom mag ons nie langer vir onsself leef nie. Nee, ons moet nou leef tot eer van Hom wat in ons plek doodgegaan het en deur God lewendig gemaak is. |