2 Corinthians 5:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want of ons buite onsself is, dit is vir God; en of ons nugter is, dit is vir julle saak.
Afrikaans (NLV) 2011 As dit lyk asof ons buite ons sinne was, was dit ter wille van God; en as ons by ons volle verstand is, is dit ter wille van julle.
Afrikaans 1933/1953 Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil.
Afrikaans 1983 As ons in geestesvervoering was, was ons dit vir God; en as ons by ons verstand is, is ons dit vir julle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As ons buite onsself is, is dit vir God; as ons by ons verstand is, is dit vir julle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As ons dinge gedoen het wat mense gewoonlik nie doen nie, as mense miskien gedink het ons is mal, dan moet julle weet dat ons daardie dinge vir God gedoen het. Maar as ons dinge gedoen het wat verstandig is, dan het ons dit vir julle gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het ook al groot geestelike ervarings gehad. Hierdie bonatuurlike ervarings, waarin ek in ’n ander staat van bestaan verkeer het, is egter iets tussen my en God. Ek wil nie daaroor praat nie. Wanneer ek in my normale staat van bestaan is, is dit ter wille van julle. Dan kan ek vir julle in gewone taal van God vertel.