2 Corinthians 4:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus, die Here; en onsself u dienaars ter wille van Jesus. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle diensknegte ter wille van Jesus. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil. |
| Afrikaans 1983 | Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons verkondig immers nie onsself nie, maar Jesus Christus as Here, en onsself as julle diensknegte, ter wille van Jesus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons bring nie 'n boodskap oor onsself nie, ons bring 'n boodskap oor Jesus Christus wat die Here is. Maar julle moet ook weet dat ons julle slawe is omdat ons Jesus se boodskap vir julle bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer ek preek, vertel ek nie allerhande stories oor hoe belangrik ek is nie. Nee, ek preek slegs oor Jesus Christus. Ek vertel vir almal dat Hy die Here oor alles is. En ék? Wel, ek is julle dienskneg wat net een doel voor oë het, en dit is om julle te dien met die goeie nuus. Jesus verwag dit van my. |