2 Corinthians 4:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Terwyl ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik; maar die dinge wat onsigbaar is, is ewig.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd.
Afrikaans 1933/1953 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
Afrikaans 1983 Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) terwyl ons nie let op die sigbare nie, maar op die onsigbare dinge; want die sigbare is tydelik, die onsigbare ewig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom is die dinge wat 'n mens kan sien, nie baie belangrik vir ons nie. Die dinge wat 'n mens nie kan sien nie, is belangrik. Die dinge wat 'n mens kan sien, is net 'n kort tydjie daar, maar die dinge wat 'n mens nie kan sien nie, is vir altyd.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons staar ons glad nie blind teen alles wat hier met ons gebeur nie. Nee, ons kyk by al ons probleme en teenslae verby. Ons oog is net op God se wêreld ingestel. Dit wat ons vandag sien, is in elk geval môre nie meer daar nie. Hier hou niks vir ewig nie. Al wat vir altyd sal bly bestaan, is God se nuwe wêreld.