2 Corinthians 4:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons het dieselfde gees van geloof, soos geskrywe is: Ek het geglo, en daarom het ek gespreek; ons glo ook, en daarom praat ons; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat ons dieselfde geloofsgesindheid het as waarvan daar geskryf staan: “Ek het geglo; daarom het ek gepraat,” glo ons steeds en daarom hou ons ook aan met preek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het -- soos geskrywe is: Ek het geglo, daarom het ek gespreek -- glo ons ook, daarom spreek ons ook. |
| Afrikaans 1983 | Daar staan in die Skrif: “Ek het geglo, daarom het ek gepraat.” Ons het dieselfde Gees wat die geloof wek, en ons glo, daarom praat ons ook. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar aangesien ons dieselfde Gees van die geloof het – soos geskryf staan, “Ek het geglo, daarom het ek gepraat” – glo ons ook, en daarom praat ons. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die Ou Testament is geskryf: Ek het geglo, daarom het ek gepraat. Ons het ook die Heilige Gees wat ons laat glo. Ons glo, en daarom praat ons. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Heilige Gees werk deur ons almal. Dit is Hy wat ons laat glo. Ons doen daarom maar net wat een van die psalms sê: “Omdat ek in God glo, praat ek oor Hom.” Ons glo in Jesus; daarom is ons ook bereid om oor Hom te praat. |