2 Corinthians 3:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want as die bediening van die veroordeling heerlikheid is, veel meer oortref die bediening van die geregtigheid in heerlikheid.
Afrikaans (NLV) 2011 As die bediening wat oordeel meebring, dan met heerlikheid gepaardgaan, soveel te meer oortref die bediening van die vryspraak dit in heerlikheid.
Afrikaans 1933/1953 Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid.
Afrikaans 1983 Die bediening waardeur die mense veroordeel word, het met heerlikheid gekom, maar die bediening waardeur die mense vrygespreek word, oortref dit verreweg in heerlikheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want as daar heerlikheid was in die bediening wat lei tot veroordeling, soveel oorvloediger in heerlikheid is die bediening wat lei tot regverdiging!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die werk wat vir mense straf gebring het, het wonderlike dinge laat gebeur, maar die werk wat vir mense vryspreek, sal nog baie meer wonderlike dinge laat gebeur. Dit sal die beste van alles wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons leef nou in die tyd waarin God mense uit sy goedheid van hulle sondes vryspreek omdat hulle in Hom glo.