2 Corinthians 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want as dit wat tot niet gemaak is, heerlik was, veel meer is dit wat oorbly, heerlik. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die bediening van die ou verbond wat eintlik net tydelik was, gestraal het van heerlikheid, hoeveel meer sal die altyd blywende bediening van die nuwe verbond nie skitter van heerlikheid nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid. |
| Afrikaans 1983 | As wat aan die verbygaan was, van heerlikheid gestraal het, veel meer nog sal die blywende van heerlikheid skitter. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want as dit wat vergaan, met heerlikheid beklee was, het die blywende veel groter heerlikheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die werk van Moses wat nou verby is, het wonderlike dinge laat gebeur, maar die werk van die Gees wat nou gekom het en wat altyd sal bly, sal baie meer wonderlike dinge laat gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek kan dit nie genoeg sê nie: as die era van die wet, wat natuurlik nou agter die rug is, met soveel glans gepaardgegaan het, hoeveel te meer sal hierdie nuwe era, wat vir altyd aanhou, met heerlikheid skitter! |