2 Corinthians 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Begin ons weer om onsself te prys? of het ons, soos sommige ander, briewe van lof aan julle nodig, of briewe van lof van julle?
Afrikaans (NLV) 2011 Begin ons nou al weer om onsself aan te beveel? Of benodig ons dalk, soos sommige mense, getuigskrifte aan julle of van julle?
Afrikaans 1933/1953 Begin ons weer om onsself aan te beveel? Of het ons miskien, soos sommige, aanbevelingsbriewe nodig aan julle of van julle?
Afrikaans 1983 Begin ons weer onsself aanprys? Of het ons miskien, soos party ander mense, aanbevelingsbriewe aan julle of van julle nodig?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Begin ons weer om onsself aan te beveel? Of het ons miskien, soos sommige, aanbevelingsbriewe aan julle of van julle nodig?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moet ons weer begin en sê wie ons is en hoekom julle ons kan glo? Nee, ons vra nie soos ander mense dat julle of ander mense briewe moet skryf om te sê dat ons vir julle mag preek en dat ons dit goed doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Klink dit of ek nou besig is om oor myself te spog? Nee! Ek probeer julle glad nie beïndruk nie.