2 Corinthians 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hiervoor het ek ook geskrywe, dat ek die bewys van julle kan weet of julle in alles gehoorsaam is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is juis hieroor dat ek geskryf het — om kennis te neem van julle getrouheid en of julle in alles gehoorsaam die pad bly loop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want daarom het ek ook geskrywe om julle beproefdheid te weet, of julle in alles gehoorsaam is. |
| Afrikaans 1983 | Toe ek geskryf het, was dit juis om te wete te kom of julle aan my getrou gebly het en in alles gehoorsaam is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want vir dié doel het ek ook geskryf: om julle betroubaarheid te leer ken, of julle in elke opsig gehoorsaam is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is ook hoekom ek vir julle geskryf het. Ek wou weet of julle goeie gelowiges is, of julle luister na alles wat ek vir julle geleer het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het my vorige brief aan julle geskryf om te sien of julle hierdie toets kan slaag. Ek wou sien of julle regtig sal doen wat God van julle verwag. |