2 Corinthians 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ons is vir God 'n lieflike geur van Christus, in die wat gered word en in die wat verlore gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons is die welriekende geur wat deur Christus vir God opstyg, onder dié wat verlos word sowel as onder dié wat verlore gaan.
Afrikaans 1933/1953 Want ons is 'n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan;
Afrikaans 1983 Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want ons is 'n aangename geur van Christus aan God, vir dié wat verlos word, én vir dié wat verlore gaan –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God red party mense en party mense gaan verlore. Wanneer ons die boodskap oor Christus preek, dan is dit soos wanneer die mense iets ruik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons is soos ’n aangename geur wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die wonderlike aroma van Christus tot eer van God. Almal wat met ons te doen het, weet daarvan: dié wat in Hom glo, en ook dié wat op pad is na die dood toe.