2 Corinthians 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder, toe ek in Troas gekom het om die evangelie van Christus te verkondig, en 'n deur van die Here vir my oopgemaak is,
Afrikaans (NLV) 2011 Toe ek in Troas aangekom het om die Goeie Nuus van Christus te preek, is ’n deur vir my deur die Here oopgemaak.
Afrikaans 1933/1953 Maar toe ek in Troas gekom het om die evangelie van Christus te verkondig, hoewel 'n deur vir my in die Here geopen was, het ek geen rus vir my gees gehad nie, omdat ek my broeder Titus nie aangetref het nie;
Afrikaans 1983 Toe ek in Troas gekom het om die evangelie van Christus daar te verkondig, het die Here die deure vir my wyd oopgemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe ek in Troas aangekom het om die evangelie van Christus te verkondig, en die Here reeds 'n deur vir my oopgemaak het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe ek in die stad Troas gekom het, was die Here by my, sodat ek die goeie boodskap oor Christus maklik kon preek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ek in Troas aangekom het om die goeie nuus oor Christus aan die mense daar mee te deel, het die Here vir my ’n groot deur oopgemaak. Troas se inwoners het die evangelie met albei hande aangegryp.