2 Corinthians 13:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou bid ek tot God dat julle geen kwaad doen nie; nie dat ons beproef moet voorkom nie, maar dat julle eerlik moet doen, al is ons soos verwerptes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons bid tot God dat julle niks slegs sal doen nie. Ons bid dit, nie om daarmee bewys te lewer dat ons die toets geslaag het nie. Ons bid dat julle die goeie sal doen, selfs al sou dit lyk of ons die toets nie geslaag het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek bid God dat julle geen kwaad mag doen nie -- nie dat ons beproef mag blyk nie, maar dat julle kan doen wat goed is, en ons as verwerplikes kan wees. |
| Afrikaans 1983 | Ons bid God dat julle niks verkeerds doen nie. Dit bid ons, nie dat dit as bewys moet dien dat óns die toets deurstaan het nie. Ons wil hê dat júlle die goeie doen, selfs al sou dit lyk asof ons die toets nie deurstaan het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons bid wel tot God dat julle geen kwaad sal doen nie – nie om te wys dat ons die toets deurstaan het nie, maar sodat julle die goeie sal doen, selfs al sou dit lyk asof ons die toets nie deurstaan het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ons bid tot God dat julle nie iets verkeerd sal doen nie. Want dit is vir my en die ander werkers nie belangrik om reg te wees sodat ons vir julle kan straf nie, dit is vir ons belangrik dat julle die toets moet slaag. Dit maak nie saak as ons lyk soos mense wat nie die toets slaag nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek bid ernstig tot God dat julle niks verkeerds sal doen nie. Want dis regtig nie so belangrik wat julle van my geloof dink nie. Julle kan maar sê ek is nie ’n Christen nie, solank julle net doen wat God wil hê. Dis al wat saak maak. |