2 Corinthians 13:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ondersoek julleself of julle in die geloof is; bewys jou eie self. Weet julle nie dat Jesus Christus in julle is as julle nie verwerplik is nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Ondersoek julleself of julle in ’n egte geloofsverhouding met Christus staan. Toets julleself. As julle nie daarvan oortuig is dat Christus in julle woon nie, het julle die toets nie geslaag nie.
Afrikaans 1933/1953 Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie -- as julle ten minste nie verwerplik is nie!
Afrikaans 1983 Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ondersoek julleself of julle in die geloof is; toets julleself. Ken julle julleself dan nie? Besef julle dan nie dat Jesus Christus in julle is nie? Tensy julle die toets nie deurstaan het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle is die mense wat moet seker maak dat julle in Christus glo. Julle moet julleself toets. Julle weet goed dat Jesus Christus in julle harte is. Maar julle moet oppas, miskien slaag julle nie die toets nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou wil ek ernstig met julle praat: gaan kyk ’n slag deeglik na julle eie lewe. Glo julle nog? Is Christus regtig in julle?