2 Corinthians 13:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want al is Hy deur swakheid gekruisig, leef Hy tog deur die krag van God. Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom lewe deur die krag van God oor julle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | want al is Hy gekruisig in menslike swakheid, leef Hy uit die krag van God. Want ons is swak saam met Hom, maar ons sal ook saam met Hom uit die krag van God lewe. Dit sal duidelik blyk wanneer ons by julle is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want al is Hy gekruisig uit swakheid, lewe Hy tog uit die krag van God. Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir julle lewe deur die krag van God. |
| Afrikaans 1983 | want al is Hy gekruisig in die swakheid van 'n mens, Hy leef uit die krag van God. En in Hom is ons ook swak, maar saam met Hom sal ons uit die krag van God lewe. Dit sal julle sien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy is weliswaar deur swakheid gekruisig, maar Hy leef deur die krag van God. So is ook ons swak in Hom, maar teenoor julle sal ons saam met Hom leef, uit die krag van God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, dit lyk miskien of Christus swak was omdat Hy gekruisig is. Maar Hy het weer begin lewe omdat Hy die krag van God gekry het. Daarom, dit lyk of ek en die ander mense wat vir Christus werk, ook swak is, maar ons lewe nou saam met Christus omdat God vir ons die krag gegee het. Julle sal dit sien wanneer ons weer by julle is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Party van julle soek mos die een of ander bewys dat Christus ook deur my praat. Wel, daar wag ’n groot verrassing op julle. Hy gaan hierdie keer wanneer ek by julle is, met groot krag onder julle werk, nie met swakheid nie. Natuurlik was Christus vroeër weerloos en swak toe Hy aan die kruis gehang en daar gesterf het. Maar daardie tyd is vir altyd verby. Christus lewe nou uit die groot krag van God. Natuurlik is ek ook maar swak, al is ek ’n volgeling van Christus. Maar moenie dat dit julle mislei nie. Wanneer ek daar na julle toe kom, sal julle sien dat God se groot krag deur my werk wanneer Christus my daar tussen julle gebruik. |