2 Corinthians 13:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het dit vir jou tevore vertel en vir jou die tweede keer voorspel asof ek teenwoordig was; en noudat ek afwesig is, skryf ek aan die wat tevore gesondig het, en aan al die ander, dat ek, as ek terugkom, nie sal spaar nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het dit vroeër gesê toe ek julle die tweede keer besoek het, en ek herhaal dit nou weer terwyl ek nog afwesig is — ek sê dit vir dié wat al vroeër sonde gedoen het, en ook vir die ander: As ek nou weer kom, sal ek niemand ontsien nie.
Afrikaans 1933/1953 Ek het dit vroeër gesê, en ek sê dit vooruit soos toe ek die tweede keer aanwesig was, en ek skrywe dit nou in my afwesigheid aan die wat vroeër gesondig het en aan al die ander, dat as ek weer kom, ek nie sal spaar nie,
Afrikaans 1983 Aan dié wat vroeër gesondig het en aan al die ander het ek voorheen toe ek by julle was, gesê, en ek sê dit nou weer vooruit terwyl ek nie by julle is nie: As ek nou weer na julle toe kom, sal ek niks en niemand ontsien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir dié wat voorheen gesondig het, en ook vir al die ander, het ek dit tevore, toe ek die tweede keer daar was, gesê; en nou, in my afwesigheid, sê ek dit vooruit, dat wanneer ek kom, ek hulle nie weer sal ontsien nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het julle gewaarsku toe ek die tweede maal by julle was. En ek waarsku julle nou weer terwyl ek nie by julle is nie. Ek sê dit vir die mense wat daardie tyd probleme gemaak het, en ek sê dit ook vir al die ander mense wat ná daardie tyd probleme gemaak het: As ek weer na julle toe kom, dan sal ek nie vriendelik wees met die mense wat probleme maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat wil ek hierdeur vir julle sê? Wel, onthou julle hoe ek tydens my tweede besoek die klomp sondaars daar tussen julle vasgevat het?