2 Corinthians 13:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ten slotte, broeders, totsiens. Wees volmaak, wees van goeie vertroosting, wees eensgesind, leef in vrede; en die God van liefde en vrede sal met julle wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Verder, broers en susters, wees bly, ruk julle reg, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle bly! |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees. |
| Afrikaans 1983 | Verder, broers, wees bly, streef na die geestelike volwassenheid, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle wees! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ten slotte, broers, wees altyd bly, streef na vervolmaking, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede – en die God van liefde en vrede sal met julle wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My vriende, ek wil nog een ding vir julle sê: Julle moet bly wees, julle moet lewe soos die Here wil hê julle moet lewe, julle moet luister wanneer ons vir julle sê wat reg is, julle moet saamwerk met mekaar, julle moet in vrede lewe met mekaar. Dan sal die God van liefde en vrede by julle wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ten slotte: julle lewe moet altyd vol blydskap wees. Lewe presies net soos God vir julle sê. Luister na alles wat ek vir julle gesê het. Wees eensgesind. En lewe asseblief in vrede met mekaar. Ons wonderlike God wat sy liefde oor ons almal uitgestort het en aan ons sy vrede gee, sal altyd by julle wees. |