2 Corinthians 13:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom skryf ek hierdie dinge terwyl ek afwesig is, sodat ek nie by teenwoordigheid skerpte sou gebruik nie, volgens die krag wat die Here my gegee het tot opbou en nie tot vernietiging nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek skryf hierdie dinge terwyl ek nog afwesig is sodat wanneer ek by julle is, ek nie nodig sal hê om met die gesag wat die Here aan my gegee het — om op te bou en nie om af te breek nie — streng teenoor julle op te tree nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarom skryf ek dit in my afwesigheid om nie, as ek teenwoordig is, strengheid te gebruik nie, volgens die gesag wat die Here my gegee het om op te bou en nie om af te breek nie.
Afrikaans 1983 Daarom skryf ek hierdie dinge terwyl ek nog van julle af weg is, want wanneer ek kom, wil ek nie met die gesag wat die Here aan my gegee het, streng teen julle optree nie. Met dié gesag moet ek opbou, nie afbreek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom skryf ek hierdie dinge in my afwesigheid, sodat wanneer ek by julle aanwesig is, ek nie streng hoef op te tree volgens die gesag wat die Here my gegee het nie – om op te bou, en nie om af te breek nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is hoekom ek hierdie dinge skryf terwyl ek nie by julle is nie. Dan sal ek nie kwaai wees wanneer ek weer by julle is nie. Want die Here het gesê ek mag kwaai wees sodat ek die gemeentes kan opbou, nie sodat ek hulle afbreek nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek skryf al hierdie dinge terwyl ek nog nie daar by julle is nie. Dan hoef ek nie later, wanneer ek in Korinte aankom, met julle te raas en te baklei nie. Die Here het my immers aangestel om mense se geloof op te bou, nie om dit af te breek nie.