2 Corinthians 12:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Daarom sal ek liewer in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan rus. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het egter vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. |
| Afrikaans 1983 | Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Hy het vir my gesê: “My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” Daarom sal ek my baie liewer op my swakhede beroem, sodat Christus se krag my kan beskut. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Hy het vir my gesê: “Ek is genadig vir jou, en dit is genoeg, want wanneer iemand weet dat hy swak is, dan word my krag in sy lewe meer.” Daarom sal ek graag spog dat ek swak is, want dan is die krag van Christus in my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê die Here uiteindelik vir my: “My goedheid is vir jou genoeg. Dit is al wat jy nodig het. My groot krag word sigbaar in jou lewe wanneer jy swak en hulpeloos is.” |