2 Corinthians 12:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dat ek nie deur die oorvloed van die openbaringe bo die maat verhef sou word nie, is aan my 'n doring in die vlees gegee, die boodskapper van Satan om my met die vuis te slaan, sodat ek nie bo die maat verhef sou word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | selfs nie as gevolg van die buitengewone openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig moet word nie, is aan my ’n doring in die vlees gegee, ’n boodskapper van Satan om my te kasty. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my 'n doring in die vlees gegee, 'n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie. |
| Afrikaans 1983 | selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | selfs met inagneming van die buitengewone aard van my openbarings. Daarom, om te keer dat ek opgeblase word, en sodat ek nie hoogmoedig mag word nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n engel van Satan, om my met die vuis te slaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want hulle weet van die belangrike dinge in die hemel wat God vir my gewys het. Maar God het iets in my lewe gegee, dit pla my baie. Hy het dit gegee sodat ek nie baie van myself moet dink nie. Hierdie ding is soos 'n engel van Satan. Die engel slaan my met sy vuis sodat ek nie baie van myself moet dink nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om seker te maak dat ek nie te veel van myself sou begin dink oor al die openbarings wat ek ontvang het nie, het God ’n groot struikelblok oor my pad gestuur. Al my swaarkry en swakhede was soos ’n doring wat die hele tyd in my voet bly vassit het. Ja, dit was soos ’n boodskapper wat die duiwel na my toe gestuur het om my pimpel en pers te kom slaan. Hierdie struikelblok moes keer dat ek verwaand raak oor al die wonderlike geestelike ervarings wat ek al beleef het. |