2 Corinthians 12:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want al sou ek wou roem, ek sal nie 'n dwaas wees nie; want ek sal die waarheid sê; maar nou laat ek dit, dat niemand meer aan my dink as wat hy my sien wees of wat hy van my hoor nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Al sou ek ook wou spog, sou ek nie dwaas wees nie, want dan sou ek die waarheid praat. Maar ek weerhou my daarvan sodat niemand méér oor my sal sê as wat hy van my sien en van my hoor nie,
Afrikaans 1933/1953 Want as ek sou wil roem, sou ek nie 'n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit n, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie.
Afrikaans 1983 Al sou ek wil roem, sal ek tog nie dwaas wees nie, omdat ek die waarheid sal praat. Maar ek weerhou my daarvan omdat ek nie wil hê dat iemand aan my meer moet toeskryf as wat hy my sien doen of my hoor sê nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As ek my wel daarop wil beroem, sal ek nie dwaas wees nie, want ek sal die waarheid praat. Maar ek weerhou my daarvan, sodat niemand meer aan my sal toedig as wat hy van my sien of by my hoor nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As ek besluit om te spog, dan sal ek nie 'n dom mens wees nie, want ek sal die waarheid praat. Maar ek het besluit om nie te spog nie. Want ek wil nie hê dat die mense moet dink ek is beter as wat ek was toe hulle my gesien of gehoor het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ek dit wel sou waag om ’n bietjie oor myself te praat, sal ek nie regtig ’n gek van myself maak nie, want alles wat ek sê, is die reine waarheid. Maar ek het besluit om dit nie te doen nie. Netnou dink mense dat ek verskriklik belangrik is as ek heeltyd net oor my groot geestelike ervarings praat. En dit is tog nie waaroor ons geloof gaan nie. Al wat julle eintlik oor my hoef te weet, is dit wat julle my sien doen en dit wat julle oor my werk as apostel hoor.