2 Corinthians 12:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het so 'n man geken (of dit nou in die liggaam is of buite die liggaam, ek kan nie sê nie: God weet dit;)
Afrikaans (NLV) 2011 En ek weet ook dat hierdie man — of dit in die liggaam was of buite die liggaam, weet ek nie, God weet —
Afrikaans 1933/1953 En ek weet van so 'n man -- of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit --
Afrikaans 1983 [3-4] Ek weet ook dat hierdie man weggeruk is na die paradys toe. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit. Daar het hy woorde gehoor wat 'n mens nie kan of mag uitspreek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek weet ook van so 'n man – of dit met die liggaam of sonder die liggaam was, weet ek nie, God weet dit –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [3-4] Ja, ek weet God het hierdie man geneem tot in die paradys. Ek weet nie of die man met sy liggaam daar was en of net sy gees daar was nie. Net God weet dit. Daar in die paradys het hierdie man wonderlike dinge gehoor, so wonderlik dat 'n mens nie daaroor kan praat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [3-4] Wel, daardie ander man is veertien jaar gelede op ’n dag skielik tot in die hoogste hemel weggevoer. Ek weet nie of hy met sy liggaam en al, of sonder ’n liggaam, in die hemel in is nie. Net God weet. Hierdie man is reguit na God se woonplek toe gevat. Daar het hy dinge gehoor wat hy nie mag oorvertel nie.