2 Corinthians 12:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dat my God my nie, wanneer ek terugkom, my onder julle sal verneder nie, en dat ek baie sal treur wat reeds gesondig het en nie berou gehad het oor die onreinheid en hoerery en ongebondenheid wat hulle gepleeg het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek is ook bang dat wanneer ek weer kom, my God my by julle sal verneder en dat ek sal treur oor baie wat al lank sonde doen en wat nie oor hulle onreinheid, seksuele vergrype en losbandigheid berou het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat as ek gekom het, my God my miskien weer by julle sal verneder en ek sal treur oor baie van die wat vroeër gesondig het en hulle nie bekeer het van die onreinheid en hoerery en ongebondenheid wat hulle bedryf het nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek is ook bang dat wanneer ek weer kom, my God my by julle in verleentheid sal bring en dat ek sal moet treur oor baie van julle wat geruime tyd al 'n sondige lewe lei en wat oor hulle onreinheid, ontug en losbandigheid nie tot berouvolle inkeer gekom het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | dat wanneer ek weer kom, my God my voor julle sal verneder, en ek sal treur oor baie van dié wat vroeër gesondig het, en hulle nie bekeer het van die onreinheid en onsedelikheid en losbandigheid wat hulle bedryf het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is bang dat God my sal verneder wanneer ek weer daar by julle kom. Hoekom? Omdat ek miskien sal huil en treur oor baie mense in die gemeente wat sonde gedoen het en wat nie verander het nie, hulle lewe nie soos God wil hê nie. Ek is bang dat hulle nog die dinge doen wat hulle altyd gedoen het, dat hulle slaap by mense met wie hulle nie getroud is nie, dat hulle onsedelik lewe, en dat hulle doen wat hulle wil. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek is ook bang dat my God my daar voor julle almal in die verleentheid sal bring as ek van voor af ontsteld raak oor daardie mense wat aanhou om dieselfde sondes te doen. Tot nou toe weier hulle om hulle te bekeer van al daardie vieslike onreinhede en seksuele sondes waaraan hulle meedoen. |