2 Corinthians 12:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het 'n man in Christus meer as veertien jaar gelede geken (of dit in die liggaam is, kan ek nie sê nie; of buite die liggaam, ek kan nie sê nie: God weet dit;) so iemand is weggeruk na die derde hemel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek ken ’n man wat in ’n hegte verhouding met Christus staan. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel. Of dit in die liggaam was of buite die liggaam, weet ek nie, maar God weet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek weet van 'n man in Christus, veertien jaar gelede -- of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit -- dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. |
| Afrikaans 1983 | Ek ken 'n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek weet van 'n man in •Christus wat veertien jaar gelede tot in die derde hemel weggeruk is – of dit in die liggaam of buite die liggaam is, weet ek nie, God weet dit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek weet van 'n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede het God hierdie man na die hoogste hemel geneem. Ek weet nie of die man met sy liggaam daar was en of net sy gees daar was nie. Net God weet dit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom ek vertel julle gou van ’n ander man wat ook aan Christus behoort (onthou dit is steeds ek, “die dwaas”, wat aan die woord is). |