2 Corinthians 12:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Weereens, dink julle dat ons onsself aan julle verontskuldig? ons spreek voor God in Christus, maar ons doen alles, geliefdes, tot julle opbou.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle dink seker al lankal dat ons hierdie dinge uit blote selfverdediging sê. Dis hoegenaamd nie die geval nie! Ons praat openlik oor hierdie dinge met God as ons getuie en vanuit ons hegte verhouding met Christus! Alles wat ons sê, geliefdes, is ter wille van julle opbou.
Afrikaans 1933/1953 Dink julle weer dat ons ons by julle verdedig? Ons spreek in die teenwoordigheid van God in Christus, en dit alles, geliefdes, tot julle stigting.
Afrikaans 1983 Julle dink seker lankal dat ons ons by julle probeer verdedig? Nee, ons praat in verantwoordelikheid aan God en in verbondenheid met Christus. Alles wat ons doen, geliefdes, is in belang van julle geestelike opbou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle dink reeds lankal dat ons onsself teenoor julle verdedig. Deur •Christus praat ons in die teenwoordigheid van God; en dit alles, geliefdes, is om julle op te bou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle dink miskien nog altyd dat ons besig is om te wys dat ons nie iets verkeerd gedoen het nie sodat julle kan dink ons is goed. Nee, ons is mense wat aan Christus behoort, ons weet dat God alles hoor wat ons sê. Daarom sê ons hierdie dinge. Ons doen alles omdat ons lief is vir julle en omdat ons julle geloof sterker wil maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek hoop nie julle dink al die tyd dat ek besig is om myself voor julle te verdedig nie. God is die enigste regter oor my lewe. Omdat ek aan Christus behoort, sal God alleen oor my lewe besluit. Maar julle kan van een ding seker wees, my liewe broers en susters: alles wat ek sê en doen, is daarop gerig om julle geloof sterk te maak.