2 Corinthians 12:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het Titus begeer, en saam met hom 'n broer gestuur. Het Titus 'n wins van jou gemaak? het ons nie in dieselfde gees gewandel nie? het ons nie in dieselfde voetstappe geloop nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het vir Titus gevra en nog ’n broer saamgestuur. Het Titus julle dan gekul? Is ons optrede en styl dan nie in dieselfde gees nie; loop ons dan nie in dieselfde spore nie?
Afrikaans 1933/1953 Ek het Titus gevra en die broeder saamgestuur. Het Titus hom dan ten koste van julle bevoordeel? Het ons nie in dieselfde gees, in dieselfde spore gewandel nie?
Afrikaans 1983 Ek het vir Titus gevra om na julle toe te gaan en die ander broer saamgestuur. Het Titus homself dan geldelik bevoordeel ten koste van julle? Handel hy en ek nie in dieselfde gees nie, en loop ons nie in dieselfde spore nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het Titus aangespoor, en die broer saam met hom gestuur – het Titus julle miskien uitgebuit? Het ons nie in dieselfde gees, in dieselfde voetspore, gewandel nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle onthou dat ek vir Titus gevra het om na julle toe te kom. Ek het ook iemand anders saamgestuur, iemand wat saam met ons werk. Julle weet dat Titus julle nie bedrieg het nie. En ek dink soos Titus en ek doen dieselfde wat hy doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Om seker te maak dat alles reg verloop, het ek juis vir Titus en die verteenwoordiger van al die gemeentes na julle toe gestuur. Het hulle julle dalk te kort gedoen? Natuurlik nie! Net soos hulle het ek julle ook nie probeer verkul nie. Ons drie praat immers dieselfde taal.