2 Corinthians 12:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hoe dit ook al sy, ek het julle nie belas nie, maar omdat ek listig was, het ek julle met bedrog betrap. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat dit vasstaan — ek was regtig nie vir julle ’n las nie. Of meen julle dalk ek was te uitgeslape en het julle met ’n slap riem gevang? Hoe? |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar laat dit so wees! Ek het julle nie beswaar nie, maar omdat ek slim was, het ek julle met lis gevang. |
| Afrikaans 1983 | Goed, ek was dus nie vir julle 'n oorlas nie. Maar julle kan dink ek was slim en ek het julle uitoorlê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nou goed, ek het julle dus nie belas nie. Maar aangesien ek 'n slinkse mens is, het ek julle glo met lis gevang! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, ek het nie vir julle geld gevra sodat ek vir myself kon sorg nie. Maar daar is miskien party van julle wat sê dat ek baie slim was en dat ek ander skelm dinge gedoen het om julle te bedrieg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle stem teen hierdie tyd hopelik saam dat ek nog nooit enige geldelike las vir julle was nie. Maar miskien dink julle dat dit ’n skelmstreek van my kant af is. |