2 Corinthians 12:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek sal baie graag vir jou spandeer en spandeer word; alhoewel hoe meer ek jou liefhet, hoe minder word ek liefgehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sou baie graag alles wou spandeer vir julle lewe, ja, ook myself. Aangesien ek julle uitermate liefhet, hoe werk dit dat julle my dan minder liefhet? |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek sal baie graag uitgee, ja, myself weggee vir julle siele, al word ek, terwyl ek julle oorvloediger liefhet, minder bemin. |
| Afrikaans 1983 | Ek sou graag alles wil gee vir julle lewe, ja, ook myself. As ek julle soveel meer liefhet as wat die ander julle het, het julle my dan minder lief as vir hulle? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat my betref, sal ek met graagte betaal, en myself as betaling gee, ter wille van julle siele. As ek julle oorvloediger liefhet, waarom ontvang ek dan minder liefde? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal baie graag alles wil gee wat ek het, ek sal ook alles wil gee wat ek is sodat ek vir julle kan help. As ek so baie lief is vir julle, dan mag julle nie minder lief wees vir my nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek is so lief vir julle dat ek bereid is om alles wat ek het weg te gee vir julle. Ja, ek sal selfs my eie lewe vir julle opoffer. Daarom kan ek nie verstaan hoekom julle my al hoe minder liefhet terwyl ek julle al hoe meer liefhet nie. |