2 Corinthians 12:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want wat is dit waarin julle minderwaardig was as ander gemeentes, behalwe dat ek self nie vir julle 'n las was nie? vergewe my hierdie verkeerd.
Afrikaans (NLV) 2011 In watter opsig is julle slegter daaraan toe as die ander gemeentes, behalwe dat ek self nie vir julle tot ’n las was nie? Vergewe my hierdie “onreg”!
Afrikaans 1933/1953 Want wat is daar waarin julle oortref word deur die ander gemeentes, behalwe dat ek persoonlik julle nie lastig geval het nie? Vergeef my hierdie onreg.
Afrikaans 1983 Waarin is julle swakker behandel as die ander gemeentes, behalwe dat ek persoonlik nie vir julle tot 'n geldelike las was nie? Vergewe my hierdie onreg!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In watter opsig is julle dan swakker behandel as die ander •gemeentes, behalwe dat ek nie vir julle 'n geldelike las was nie? Vergewe my tog hierdie onreg!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het by julle niks anders gedoen as in die ander gemeentes nie. Maar ek het nie vir julle geld gevra vir myself nie. As dit verkeerd was, dan moet julle my vergewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê my, het ek julle al ooit afgeskeep? Het ek julle slegter behandel as die ander gemeentes, behalwe dat ek geweier het om julle geld te aanvaar? Vergeef my tog dat ek julle hierdie verskriklike “onreg” aangedoen het.