2 Corinthians 12:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarlik, die tekens van 'n apostel is onder julle gedoen in alle lankmoedigheid, in tekens en wonders en magtige dade. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die kentekens van ’n apostel het ek oor en oor uitgewys toe ek by julle was: deur die doen van tekens, wonders en kragtige dade. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die kentekens tog van 'n apostel is onder julle verwerklik met alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade. |
| Afrikaans 1983 | Die dinge wat 'n apostel kenmerk, het ek met groot geduld by julle verrig: tekens en wonders en kragtige dade. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit wat 'n •apostel kenmerk, is inderdaad by julle verrig, met alle volharding, met tekens en wonders en kragtige dade. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het baie maal by julle dinge gedoen wat wys dat ek 'n ware apostel is. Ek het tekens en wonderwerke gedoen en ander dinge wat wys hoe sterk God is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tog het ek alles gedoen wat van my as God se apostel verwag word. Toe ek daar by julle was, het ek groot tekens en wonders en kragtige dade gedoen. Dit is mos wat julle van ’n apostel verwag, of hoe? |